Nikola Tesla | |
Tesla as 37-jarige in 1893, afgeneem deur Napoleon Sarony
| |
Gebore | 10 Julie 1856 Smiljan, Keiserryk Oostenryk (hedendaagse Kroasië) |
---|---|
Oorlede | 7 Januarie 1943 (op 86) Manhattan, New York, VSA |
Burgerskap | Oostenryks (10 Julie 1856 – 29 Oktober 1918) Amerikaans (30 Julie 1918 – 7 Januarie 1943) |
Nasionaliteit | Serwies |
Vakgebied | Elektroniese ingenieurswese Meganiese ingenieurswese |
Instelling(s) | Edison Machine Works Tesla Electric Light & Manufacturing Westinghouse Electric & Manufacturing Co. |
Alma mater | Tegniese Universiteit Graz |
Beïnvloed deur | Ernst Mach, Johann Wolfgang von Goethe, Mark Twain, Swami Vivekananda, Voltaire |
Invloed op | Gano Dunn |
Toekennings | Orde van Sint-Sava (1892) Elliott Cresson-medalje (1894) Edison-medalje (1916) John Scott-medalje (1934) Orde van die Wit Leeu (1937) |
Nikola Tesla (* 10 Julie 1856, Smiljan, Keiserryk Oostenryk – † 7 Januarie 1943, New York, VSA) was 'n Serwies-Amerikaanse[1][2][3] uitvinder, fisikus, meganiese ingenieur, elektroniese ingenieur en futuris. Hy is bekend vir sy bydraes tot die moderne wisselstroom-elektriese toevoerstelsel (AC). Tesla se patente en teoretiese werk het gehelp om die basis te vorm vir koordlose kommunikasie en die radio. Sy vele revolusionêre ontwikkelings in die studiegebied van elektromagnetisme is gebaseer op Michael Faraday se teorieë van elektromagnetiese tegnologie.[4]
Tesla, die seun van Serwiese ouers, is gebore in die dorpie Smiljan (hedendaagse Kroasië) as onderdaan van die Keiserryk Oostenryk; hy het later ’n Amerikaanse burger geword. As gevolg van sy demonstrasie in 1894 van kortafstand koordlose kommunikasie deur radio[5] en sy uiteindelike oorwinning in die “Oorlog van die strome” is hy wyd gerespekteer as een van die grootste elektroniese ingenieurs wat in Amerika gewerk het.[6] Hy was die pionier van moderne elektroniese ingenieurswese en baie van sy ontdekkings was baanbrekerswerk. Gedurende hierdie tyd in die VSA was Tesla net so gewild as enige ander uitvinder of wetenskaplike in die geskiedenis van populêre kultuur.[7] Tesla het koordlose energieoordrag om elektroniese toestele van krag te voorsien, in 1891 gedemonstreer[8] en daarna gestreef om interkontinentale koordlose oordrag van industriële krag in sy onvoltooide Wardenclyffe-toringprojek te behaal.[9]
In die 1930’s, naby die einde van sy lewe, het Tesla homself begin afsonder. Hy het alleen in New York gaan woon in ’n hotelkamer en het slegs per geleentheid verskyn om ongewone persverklarings te doen.[10][11] Weens sy uitsprake en die aard van sy werk oor die jare, het Tesla ’n reputasie opgebou as die kenmerkende “mal wetenskaplike”.[12][13] Hy is op 7 Januarie 1943 brandarm en belas met skuld, oorlede.[14][15][16]
Tesla se werk het na sy dood in die vergetelheid verval maar sedert die 1990’s het sy reputasie ’n terugkeer in die populêre kultuur ervaar.[12] In 2005 is hy onder die top 100 kandidate in die televisieprogram “Die Grootste Amerikaner” gelys, soos gestem deur ’n gewildheidstemming met ope toegang wat deur AOL en The Discovery Channel aangebied is.[17]
Die SI-eenheid vir magnetiese velde B (daar word ook na verwys as die magnetiese vloeddigtheid en magnetiese induksie), die tesla (T), is na hom vernoem (tydens die Algemene Konferensie vir Mate en Gewigte in Parys in 1960).[18]
There is something in me which is only perhaps illusory," Tesla began, "[It is] like that which often comes to young, enthusiastic persons, but if I were to be sufficiently fortunate to bring about at least some of my ideas it would be for the benefit of humanity. … If these hopes become one day a reality, my greatest joy would spring from the fact that this work would be the work of a Serb.
At that time I was under the sway of the Serbian national poetry, and therefore full of admiration for the feats of the heroes.